Belicia Heinrich
&
B
&
H
SATERDAG 7 MAART 2026

Ons
Liefdes
Storie
Die Begin van Ons
Die storie begin by twee mense wat binne ’n kort tydjie agtergekom het dat daar iets besonders aan die gebeur is. Reeds vanaf die eerste paar ontmoetings was daar ’n onmisbare vonk — daardie gevoel dat geen tyd genoeg is om saam te spandeer nie, en dat tyd vlieg wanneer julle by mekaar is.
Ons gesprekke het vinnig verander van drome oor die lewe na drome oor ’n toekoms saam. Ons het geweet wat ons wil hê, en gou het die woorde “Ek is lief vir jou” gevolg. Ongeveer ’n maand later het Heinrich die vraag gevra: “Sal jy my meisie wees?”

'n Soen in rooiwyn geskryf
Een Sondag ná kerk het Belicia by Heinrich gaan koffie drink. Die koffie het gou-gou in ’n glasie rooiwyn verander. Daar het sagte musiek in die agtergrond gespeel en ons het net lekker gesels.
Terwyl ons gemaklik gesels het, het een van die woefies — tot vandag toe weet ons nog nie watter een nie — vir aandag by Belicia kom vra. In die proses het sy haar rooiwyn gemors oor haar denim, en ook oor die bank en mat.
Belicia moes effens nader skuif, en Heinrich het die kans nie laat verbygaan nie.
Net daar het ons ons eerste soen gedeel.
Op daardie oomblik het Teenage Dirtbag in die agtergrond gespeel. Direk daarna was Belicia se eerste woorde, met ’n grappende wyse: “Hierdie gaan nou vir ewig ons liedjie wees.” Hulle het albei gelag — en dit is nou ons liedjie.


Golden Liefde
Belicia het altyd gesê die enigste hond wat sy eendag wou hê, is ’n golden retriever.
Aan die begin van ons verhouding het baie gesprekke juis oor honde gegaan. Sy het dadelik vir die woefies lief geword, en vir Trompie sommer van dag een af “baba” begin noem. Vandag is hy bekend as haar Trompie-baba.
Sy het selfs gespot dat sy eintlik vir die woefies kom kuier het die eerste paar kere — Heinrich was net die bonus.
Maar sy het gou besef dat sy iets baie groter ontdek het: nie net haar droomwoefies nie, maar ook haar droomman.



Twee is beter as een
As julle ons saam sien, sal julle kan getuig dat die ou gesegde vir ons waar is: “opposites attract.” Ten spyte van ons verskille, omhels ons mekaar se passies en drome met soveel lewenslus.
Om net twee te noem: Heinrich was nog altyd lief vir gym, en Belicia was nog altyd lief vir draf. Sy het gou-gou vir Heinrich ook aan draf voorgestel, en hy was sommer dadelik in vir die avontuur. Nou is ons ’n running couple.
Heinrich het baie kennis van die aanlyn wêreld en het vir Belicia vinnig aan die crypto-wêreld voorgestel. Hy het haar geleer hoe om te trade — sy ken nou selfs terme soos ADA en AVAX, en kan ’n basiese grafiek lees! Ons hou van die dinamiese verskille in ons verhouding; dit maak die lewe ’n avontuur.
Ons verhouding het ’n speelse ritme tussen twee individue: die een ’n rustige, realistiese denker en introvert; die ander ’n borrelende ekstrovert met groot ideale.
Ons leer saam, groei saam, en dit is vir ons ’n voorreg om die lewe saam te doen.
Heinrich bring balans, orde en rigting in die verhouding, terwyl Belicia opwinding en vrolikheid bring. Ons lag verskriklik baie saam en sien die wêreld wyer — deur mekaar se oë.
Ons is altyd gereed vir enigiets, solank dit saam is!


Vir Alyd
Ewig
&
Pinky Promise
Van die begin af het ons ’n eenvoudige, maar diep betekenisvolle gebruik gehad: die pinky promise.
Wanneer iets werklik saak maak, sluit ons pinkies — ’n teken van opregtheid en vertroue.
Belicia sê altyd: mense breek beloftes, want ons is broos en feilbaar.
So het ons die pinky promise begin doen — ’n klein, maar kosbare teken van getrouheid aan mekaar.
Want al kan menslike woorde misluk, kies ons dat ons pinky promises nie breek nie.
Dit het só spesiaal geraak dat Heinrich dit selfs in my verloofring laat graveer het:
“Pinky Promise.”
’n Simbool van ons belofte — ’n liefde vir altyd en ewig.

Ons Groot Dag
Au d' Hex. Wellington. 7 Maart 2026.
Verloop van die dag
Huweliksbevestiging
15:30
Koeksny
17:00

Eerste dans
19:00
Toesprake
20:00
16:00
Canapes & Cocktails
18:30
Onthaal
19:30
Aandete
21:00
Dansvloer open
Die Bruilofspan

Chene Reader
Hoofstrooimeisie

Alisha Nell
Blommemeisie

Carli Hugo
Strooimeisie

Emma Wood
Strooimeisie

Marichen Benadé
Strooimeisie

Kirsten Small
Strooimeisie

Otto Schuster
Hoofstrooijonker

Anthony Renda
Strooijonker
Ouers van die Bruidspaar
Madeleine
Moeder van die Bruid
Wyckeham
Vader van die Bruid


Hein
Vader van Bruidegom
Ita
Moeder van Bruidegom
Liefde in Styl
Semi- Formal Colourful Chic.










Dames:
Dra enige helder kleure en patrone.
Dink lewendig, kleurvol, vrolik én stylvol.
Let wel: Geen wit asseblief.
Mans:
Ontspanne maar netjies.
Netjiese chino's of broeke, netjiese hemp.
Let wel: geen denim, oop skoene, geen das nodig
Kliek gerus op die Pinterest link vir inspirasie
Verblyf opsies
Sweetwater Guesthouse
Bergstreet Farm 123, 7655 Wellington, South Africa
Mooi Uitsig Lodge
R45 Malmesbury Road Mooi Uitsig Farm, 7646 Paarl, South Africa
Wellington Country House
27 Richter Ave, 7655 Wellington, South Africa
La Rochelle
13 Jan Van Riebeeck St, 7654 Wellington, South Africa










